
Lydenstyd: God aan die beweeg
Wat is Lydenstyd?
Lydenstyd is ʼn seisoen van 46 dae waarin die lyding van Christus bedink word in
voorbereiding op die viering van Paasfees. Dit begin vanjaar op 5 Maart met
Aswoensdag (onthou ons stil nagmaal van 17:00 tot 19:00) en bou op tot die week
van 14 tot 18 April, wat Groot Lydensweek genoem word. Die klimaks is natuurlik
Paassondag 20 April wanneer ons Christus se opstanding vier.
Simbole, rituele en gebruike in Lydenstyd
Christelike kerke oor die wêreld vier die tyd met simbole. Die kruis is die sentrale
simbool in Lydenstyd. Oorweeg dit om ʼn kruis in julle huis in die tyd op ʼn
sentrale plek te sit om jou gedagtes op die Here te rig en te dink aan die diepte van
Sy liefde vir ons.
Doel van Lydenstyd
Lydenstyd is ʼn tyd van hertoewyding. Die gebruik om in hierdie tyd van iets te vas,
staan in die teken van hertoewyding. Oorweeg dit gerus. Hierdie gebruik kan deur ʼn
bietjie verbeelding, met vrug in ons huise gebruik word. Vas (van enigiets) is ʼn
daad van jou kant om gefokus meer aan Hom te dink. Jy kan byvoorbeeld besluit om
in hierdie tyd te vas van ʼn gewoonte, soos die lees van tydskrifte of TV kyk. Of jy
kan besluit om van sekere voedselsoorte te vas. Elke keer per dag as jy die vas
toepas, herinner dit jou aan die Here en skep jy daardeur ruimte vir ʼn ontmoeting
met die Gees.
Dit is dus eintlik ʼn manier om vir die Here te sê: “ U is vir my meer
belangrik as goed, hier is ek, ontmoet my, raak aan my, ek smag meer na U as na
dinge.”
Lydenstyd is dus ook ʼn tyd van nadink en stilte. Kies om in die paar weke stadiger te
leef en ekstra tyd in te ruim om by die Here te wees deur tyd vir stilte, die lees van ʼn
geestelike boek, Bybelgedeeltes of die doen van lydenstyd toepassing. Ons sal
later meer inligting hieroor gee.
Maak dus elke dag ʼn tydjie om rustig alleen te wees by die Here.
‘n Innerlike reis.
Die Engelse woord vir lydenstyd is Lent. Dit beteken letterlik: Lente. Dis ‘n tyd wat
nuwe lewe en groei wil bring deurdat jy bewus raak van vrese, gewoontes of gedrag
wat in stryd is met God se goeie wil vir jou lewe. Stel jouself dus oop dat die Gees in
hierdie tyd vir jou nuwe dinge kan wys of leer of sê.
Hou die nuusbrief dop vir weeklikse inligting en riglyne wat jou kan help om van
hierdie jaar sy Lydenstyd iets spesiaal te maak.
Maak ‘n punt om die week elke dag hierdie gebed te bid:
‘’Here, maak van my ‘n geloofsreisiger in hierdie week tot en met Paasfees.
Dissiplineer my om minder my eie idees of agendas te volg, en meer te luister na U
wil en agenda vir my. Suiwer my in hierdie tyd van selfsug en bekommernisse, sodat
ek vir U voluit kan lewe en ander voluit kan dien. Amen’’
God beweeg… in die woestyn Teks: Lukas 4:1-13
God beweeg… verby alle struikelbokke Teks: Lukas 13:31-35
God beweeg oor heinings Teks: Lukas 13:1-9
God beweeg… in die pad af Teks: Lukas 15:1-3, 11b-32
God beweeg… ons tot leegmaak Teks: Johannes 12:1-8
God beweeg… ons tot Hosannas Teks: Lukas 19:28-40
God beweeg… kruis toe (Goeie Vrydag) Teks: Lukas 23:1-49
God beweeg… uit die graf (Paassondag) Teks: Lukas 24:1-12

Epifanie: Helder lig om die nasies te verlig
Buitestanders word deel van die Binnekring Teks: Matteus 2:1-12
Gered om die hele wêreld te dien. Teks: Lukas 3:15-22
Die heerlikheid van nuwe wyn Teks: Johannes 2:1-12
ʼn Sending om jou pad te verlig Teks: Lukas 4:14-21
Verblind vir dorpskind Teks: Lukas 4:21-30
Geroep en gestuur Teks: Lukas 5:1-11
Volheid en leegheid Teks: Lukas 6:17-26
Eindelose liefde Teks: Lukas 6:27-38
Luister na Hom (Verheerlikingsondag) Teks: Lukas 9:28-43a
Vir die Kinders
Kyk gerus saam
David and the Psalms
See the area around Bethlehem where David would have grown up, was a shepherd and wrote many of the Psalms we have in Scripture. Bethlehem means, “House of Bread.” Maybe because many wheat and barley fields were in this area. We know that in the story of Ruth and Boaz that Boaz was a wealthy farmer from Bethlehem who had a large field of barley here and that Ruth gleaned these fields to provide for her and her mother-in-law, Naomi. King David was born and raised here in Bethlehem. It was in the hills surrounding Bethlehem that David wrote many of the Psalms we find in Scripture.
The Gospel According to Matthew
The Gospel According to Matthew | Full Movie | Bruce Marchiano | Richard Kiley | Gerrit Schoonhoven The Gospel According to Matthew Full Movie, starring Bruce Marchiano, Richard Kiley and Gerrit Schoonhoven. Directed by Regardt van den Bergh and written by Johann Potgieter. In Israel/Palestine/Jordan, then known as Judea (Roman province) of the Roman Empire, Jesus Christ of Nazareth travels around the country with his disciples preaching to the people about God and salvation of their souls. He claims to be the son of God and the Messiah. He is arrested by the Romans and crucified. He rises from the dead after three days. The Matthew video series broke new ground by offering the first-ever dramatic portrayal of events in the Bible, presented word for word from the best-selling New International Version® (NIV) translation. Now you can experience this thrilling epic in DVD format, which blends the superior digital surround sound of CDs with crisp, high-resolution digital images. Director: Regardt van den Bergh Writer: Johann Potgieter Cast: Richard Kiley, Bruce Marchiano, Gerrit Schoonhoven, Dawid Minnaar, Kevin Smith
Sak dieper in
Om God Se Stem Te Hoor
Toerusting Kursus: Om God Se Stem Te Hoor Sessie 1
Toerusting Kursus: Om God Se Stem Te Hoor Sessie 4