Op die Kansel

Ds. Albertus Louw

Albertus het grootgeword in die Strand, tussen die berg en die see. Hy matrikuleer in Bloemfontein en studeer aan die Vrystaatse Universiteit. Hy is getroud met Louise en na twee jaar as diensplig kapelaan en nege jaar in die Vrystaat was hy vir meer as 22 jaar in George waar sy twee seuns grootgeword het. Na vyf jaar van groei in Ghanzi, Botswana, kom hulle in 2019 tuis in Melkbosstrand waar die buitelug, Tafelberg se paadjies, die see, hulle een kleindogter en hul drie honde hulle vreugde is. Hulle is dankbaar om hier te kan bly en vir die oorvloed op hul voorstoep

Jy kan hom kontak per epos by [email protected]

Ds. Faani Engelbrecht

Faani is ʼn gebore Bellvilliet, waar hy in 1989 aan die Hoërskool Bellville matrikuleer. Na skool het hy sy diensplig voltooi in die SAW Kerkkoor en Konsertgroep (Kanaries) voordat hy die grade BA, BA Hons. (Ou Nabye-Oosterse Kulture) en BD aan die Universiteit van Stellenbosch behaal het. Hy was ʼn jeugwerker in De Tyger-gemeente, voordat hy in 1998 beroep is na Hoopstad in die Vrystaat. Van 2004-2019 was hy die musiek- en jeugpredikant van Goodwoodpark en van 2009 tot 2019 in ʼn deelpos tussen die gemeente en Bybel-Media, waar hy die bestuurder en uitgewer van Bybel-Media Musiek (die ou NG Kerk Uitgewers) was. Sedert 2020 is hy en sy vrou, Hanneke en hul drie dogters, Anrika, Luhani en Niané, ware en gelukkige Melkies.

Jy kan hom kontak per epos by [email protected]


Op Kantoor

Analia

Skriba

Danie

Koster

Welna

Ontvangs

Op Die Terrein

Mildred

Eric