Kom ontmoet Jesus

Ons gebed is dat jy in jou saamwees hier, ʼn eerstehandse ontmoeting met Jesus sal ervaar.

Ons is opgewonde oor Jesus omdat ons in Hom vir God leer ken as die bron van gasvrye liefde wat die mensdom uitnooi na ʼn nuwe manier van lewe. ʼn Lewe waar God se liefde ons inpas bring met Homself, onsself, ander en die skepping. Dis ʼn lewe wat groei uit ons verbondenheid met Jesus soos lote aan ʼn wingerdstok. (Johannes 15:1-10)

Jesus se koningskap staan vir ons sentraal met die Bybel as sy Woord. Om sy Stem te kan hoor is een van ons grootste strewes, sodat ons kan doen wat Hy sê en sodat ons sy liefde kan uitleef. Ons doen dit in liefdevolle gemeenskap met mekaar, met gebed, as ʼn manier van leef.