Skenkings van klere, skoene en linneware is opreg waardeer en word in ons “ Koop ‘n Gee “ winkel verkoop. Die produkte van die beste kwaliteit word teen bekostigbare pryse verkoop. So poog ons om aan gesinne met beperkte fondse toegang te gee tot kwaliteit produkte. Die fondse wat ons hierdeur genereer word gebruik om mense met finansiële en maatskaplike nood in die Melkbosstrand omgewing te help met :
Produkte wat nie in die wikel verkoop word nie, word geskenk aan ander instansies wat betrokke is by hulpverlening in die groter Melkbosstrand-omgewing
Jou skenking gaan dus ver en maak ’n verskil .
Volg ons asseblief op Facebook https://business.facebook.com/MelkbosKoopenGee/ vir informasie rakende die projekte wat ons ondersteun, sowel as aktiwiteite by die “Koop ’n Gee “ winkel .
Weereens baie dankie vir u ondersteuning en hulp om ’n positiewe bydrae in ons gemeenskap te kan maak .