Bankbesonderhede

Bank: ABSA
Rekeningnaam: NG Kerk Melkbosstrand
Rekeningnommer: 4053348637
Takkode: 632005

of gebruik:

SNAPSCAN

 

Kan net Standardbank kliënte SNAPSCAN gebruik?

Nee, enige persoon met ‘n bankkaart en ‘n slimfoon kan SNAPSCAN gebruik.

 

Is dit veilig om te gebruik?

Dit is net so veilig om SNAPSCAN te gebruik as om aanlyn bankdienste of jou bank app te gebruik.  Dit word gerugsteun deur Standard Bank, maar jy kan enige van jou bankkaarte opstel.  Dit is baie veiliger as om met kontant in jou beursie te loop.

 

Hoeveel bankkoste moet ek betaal wanneer ek SNAPSCAN gebruik?

Die goeie nuus vir lidmate is dat dit nie saak maak hoe groot of klein die bedrag is wat jy wil betaal nie, jy geen bankkoste betaal nie.  Die gemeente staan ‘n baie klein persentasie af aan diensfooie, maar dit is veel minder as die bank se kontanthanteringsfooie!  Dit beteken dat jy selfs SNAPSCAN kan gebruik wanneer jy geld in die kollektebord wil gooi op ‘n Sondag!

 

Hoe stel ek my selfoon op om met Snapscan te kan betaal? Indien jy sukkel met die opstelling op jou selfoon, kontak gerus vir Ds Faani of kyk na hierdie kort video om jou te help:

 

Hoe werk Snapscan?

Vir enige verdere tegniese ondersteuning wat SNAPSCAN betref, kontak Ds Faani.